Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2020

Corona Virus , End times and other Revelations

Hierdie is nie n blog soos ander blogs nie, maar hierdie is eintlik sommer net n nota aan myself.  N paar jaar gelede (2007) het die Here in n droom aan my geopenbaar hoe mense met rooi berets (hoede) op bruin perde n dorp binneval. Die vrees het maar opgebou en ons het skuiling geneem in n Kaaps-hollandse wit huis, daai met die dik mure, tipies gevul met houtvloere, hout meubels en n boekrak met dik boeke met netjiese goue titels. Ons was gereed om oorlog te maak. My skoonpa (oud dominees) was daar en n paar ander manne. Dit was soos n fliek uit die boereoorlog. Met geweerlope op die vensterbanke van die eetkamer (vertrek) het ons gereed gestaan vir die groot geveg en in ons verstand ook besef dat dit dalk kan ontaard in n handgeveg. Die skare was net so massief, hulle getalle het ons by verre oortref. Soos wat die geveg aan moes breek roep ek die naam van Jesus aan. "Jesus saam met U gaan ek die ding doen!" terwyl ek voel in my lyf hoe hard ek myself gaan moet inspan......