In my vorige blog post het ek besluit om te leer "touch type" of blind tik... wel, tik sonder om op jou vingers te kyk. Ek is so 14 maande kort van 40 en dit is n vaardigheid waaroor ek nie beskik nie. Manlief het die program vir my aanlyn gevind: https://www.edclub.com/sportal/program-3/145.play Dan het ek ook die twee aanlyn gevind vir ekstra oefening: https://www.typingstudy.com/en-uk_english-1/lesson/1 https://www.typingtest.com/ Vir interessantheid sal ek eers die toets aflê deur na my vingers te kyk en dan deur nie na my vingers te kyk nie. Hier sal ek nou nie na my vingers loer nie: Dis dan n uitgemaakte saak. Ek tik tans sowat 46 woorde per minuut as ek van n dokument af tik en na my vingers kyk terwyl ek slegs 2 woorde per minuut sal kan tik as ek nie kyk nie. Dag 1: 10: 00 - 10.30 ASDF home row ASDFGHJKL; | 14 wpm | 95% accuracy Hertoets: 4 woorde per minuut (blind)- yeah, dit beteken my toe oog toets het reeds met 200% verbeter! Dag 2: Ek gaan weer begin met...
Na sowat twee jaar van tuisondderrig het ek nou skielik twee maande om in myself te bele. Of wel, so dink ek. Maar voor ek nou in gaan op die detail wil ek net eers as nul hipotese dan stel: Gestel ek het wel 2 maande om aan myself te spandeer- wat sal ek daarmee doen? Die eerste gedagte is om meer tyd in die woord te spandeer. Tweedens dink ek ek moet in n vaardigheid spandeer wat myself dalk meer bemarkbaar maak. Mens is eintlik baie bevoorreg om "alles" te kan doen en soos wat ouderdom 40 nader wil ek myself dalk n kansie gee om nie net te dink oor wat ek alles moontlik kan doen nie maar ek wil kyk na dinge wat: - vreugde sal verskaf - sinvolle finansies sal verskaf - in 4 ure op n oggend gedoen kan word - iets wat langtermyn waarde het, miskien iets vir n gemeenskap en iets vir die koninkryk van God. Dan is daar nog n paar ander oorwegings, as mens na die gewone werksplek kyk. Ek kan lekker tik deur vir my vingers te staar. Maar ek het nog nooit wat hul noem "blind...